James Earl Jones, stem van die “Star Wars”-skurk Darth Vader, is in die ouderdom van 93 oorlede.
Dit was ook sy ikoniese stem wat lewe geblaas het in Disney se koning Mufasa in “The Lion King.” Maar dit is waarskynlik deur sy stemvertolking van een van die silwerdoek se grootste skurke, dat James se stem nooit stil sal raak nie.
In “The Empire Strikes Back,” besorg hy aan die “Star Wars”-franchise een van die filmbedryf se mees onvergeetlike oomblikke, wanneer Darth Vader vir Luke Skywalker sê dat hy sy pa is. Jones het nooit afgetree nie.
Sy luisterryke loopbaan van sestig jaar, behels onder meer rolle in films soos “Dr Strangelove”; “Conan The Barbarian” en “Field of Dreams”.