Die bekende sjef, Jamie Oliver, het kaasliefhebbers aangemoedig om die polisie te help om swendelaars vas te trek wat ‘n Londense melkery uit meer as £300 000 se Engelse en Walliese cheddar bedrieg het. Dit is meer as R6,8 miljoen.

The Guardian berig Neal’s Yard Dairy, ‘n verspreider en kleinhandelaar van Britse artisan-kaas, het 22 ton bekroonde cheddar, in lappe toegedraai, aan die beweerde bedrieër afgelewer wat hom as ‘n groothandelverspreider vir ‘n groot Franse kleinhandelaar voorgedoen het, voordat hy besef het dit is mislei.

Oliver het die voorval, waarby meer as 950 wiele cheddar betrokke was, beskryf as ‘n “rooftog van skokkende proporsies”.

Hy het aan volgelinge op Instagram gesê om wakker te wees as hulle iets hoor van “wavragte baie deftige kaas” wat “teen spotgoedkoop” aangebied word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×