Nasionale veiligheid word as rede voorgehou waarom Jan Alleman dalk nooit sal weet of Suid-Afrika Rusland van wapens voorsien het nie.

President Cyril Ramaphosa het ʼn paneel saamgestel om gerugte te ondersoek dat Suid-Afrikaanse wapens op die Russiese vragskip, die Lady R, gelaai is terwyl dit hier geanker was.

Woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, het gesê die paneel se bevindings sal nie openbaar gemaak word nie, aangesien dit geklassifiseerde
inligting bevat, en betrekking op nasionale veiligheid het.

Intussen het die DA hieroor te velde getrek. Party-leier, John Steenhuisen, het gesê regsadvies word nou oor die voorgenome geheimhouding van die verslag ingewin.

Hy is “vasberade om Suid-Afrikaners teen die ekonomiese gevolge van hierdie besluit te beskerm” en bestempel dit as ‘n “gevaarlike toesmeerdery”.

error: Inhoud is beskerm !!