Die datums vir die 2024-belastingseisoen is vroeër vandag bekend gemaak. Jan Taks wag vanaf 1 Julie belastingopgawes in. Outomatiese aanslae word aldus die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vanaf 1 tot 14 Julie gedoen. Belastingpligtiges wat nié voorlopige opgawes verskaf nie, het tyd vanaf 15 Julie tot 21 Oktober, om opgawes vir 2024 se belastingjaar te lewer.

Opgawes vir diegene, wat bo en behalwe ‘n salaris, ook ‘n ander inkomste verdien, moet hulle opgawes tussen 15 Julie en 21 Oktober indien. Trusts kom vanaf 16 September tot 20 Januarie aanstaande jaar aan die beurt.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×