Die 7-jarige Janique Venter van Bloemfontein doen goed na haar noodoperasie.
Janique is in die St Jude Kindernavorsingshospitaal in Memphis, Tennessee, waar ‘n gewas aan die regterkant van haar nek vroeër verwyder is.
Volgens ‘n plasing op Arms of Mercy se sosialemedia is daar nog baie swelling maar sy lyk beter as vroeër. Sy het vlugtig wakker geword en wou dadelik haar Oupa en Ouma bel.
Janique is nou op sterker pynmedikasie om haar gemaklik te hou.
Hulle sê verder ten spyte van alles, wys die dapper klein meisie haar pragtige gees, sy glimlag, steek haar tong uit en swaai haar hande.