Die 7-jarige Janique Venter van Bloemfontein moes Donderdagaand, 30 Januarie 2025, in die buiteland ’n noodoperasie kry weens komplikasies na ‘n vorige operasie. .

Sy is tans in Memphis, Tennessee, waar sy in die St. Jude Hospitaal behandel word.

Volgens ’n plasing op Facebook, lyk dit of die tweede operasie om die gewas aan die regterkant van haar nek te verwyder ’n sukses was, maar haar pa het aan Rosestad-nuus gesê dat oorblywende swelling het na ’n opvolg-noodoperasie gelei.

Janique se familie, by monde van haar pa, Jacques Venter, vra almal om hul dogter in hul gebede te hou.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×