Die 7-jarige Janique Venter van Bloemfontein se tweede operasie in die buiteland was ‘n sukses.
Sy is op ses maand met ‘n kwaadaardige gewas aan die regterkant van haar nek gediagnoseer, die gewas het na ‘n nie-kwaadaardige gewas verander, maar het steeds druk op haar lugpyp veroorsaak.
Volgens ‘n plasing op sosialemedia is dié gewas nou verwyder. Die operasie, by die St Judes Hospitaal in Memphis – Tennessee, wat oorspronklik 21 uur sou neem, het vinniger gegaan as wat die dokters aanvanklik gedink het.
Dit is nog onduidelik wanneer Janique en haar familie weer sal terugkeer Bloemfontein toe.