Janse Rabie, Agri SA se hoof van reg- en beleidsake, is aangewys as lid van die presidensiële klimaatkommissie.

Maroela Media berig voorts, Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het gesê hierdie belangrike liggaam het ’n sentrale rol om te speel, aangesien Suid-Afrika nou moet werk om aan te pas by klimaatsverandering en om die uitwerking en oorsake daarvan te versag.

Die klimaatkommissie is op die been gebring om die oorgang na skoner energie te koördineer en om toesig daaroor te hou.

Die 48-jarige Rabie is benewens sy rol as reg- en beleidshoof by Agri SA, ook die organisasie se hoof van natuurlike hulpbronne.

Hy is as prokureur gekwalifiseer en het ʼn meestersgraad in marieneen omgewingsreg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×