Wetenskaplikes by die Europese Unie se Copernicus Klimaatsveranderingdiens sê verlede maand was die warmste Januarie sedert dié diens in 1950 met rekordhouding begin het.
Dié buitengewoon warm Januarie volg op bevindings dat 2023 die warmste jaar nóg was sedert daar in 1850 begin is om temperature aan te teken.
Die diens sê elke maand sedert Junie verlede jaar was die warmste nóg in vergelyking met die ooreenstemmende maand in vorige jare.