Meer as 30 jaar nadat hy die anti-apartheidsvegter, Chris Hani, vermoor het, sê Janusz Walus as hy dit moet oordoen, sal hy weer Hani se lewe neem.
IOL berig volgens die 72-jarige Poolse burger was die moord suiwer polities en is nie deur AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, of enige apartheidsmagte georkestreer nie.
Walus is saam met die stigterslid van die Konserwatiewe Party, Clive Derby-Lewis, die meesterbrein agter Hani se sluipmoord, in hegtenis geneem.
Die mans is kort ná Hani se moord die doodstraf opgelê. Dié vonnis is later in 2000 na lewenslange tronkstraf verander. Derby-Lewis is in November 2016 dood, terwyl Walus verlede jaar terug na Pole gedeporteer is.
Walus het gesê Hani moes vermoor word omdat hy baie mag in sy posisies binne die SAKP en die ANC se gewapende vleuel beklee het.