Die moordenaar Janusz Walus, wat die voormalige Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party-leier Chris Hani vermoor het, word vandag na Pole, sy geboorteland, gedeporteer.

In November 2022 het die Konstitusionele Hof bevind dat die destydse minister van justisie, Ronald Lamola, se besluit om Walus in 2020 parool te weier, irrasioneel was en dit tersyde gestel.

News24 berig hierdie beslissing het Walus se vrylating ná 28 jaar in die tronk moontlik gemaak.

Walus, wat in Pole gebore is, se Suid-Afrikaanse burgerskap is reeds in 2017 herroep.

Hy is egter ná sy vrylating verblyfreg toegestaan om sy twee jaar lange parool in die land te voltooi.

Hani se familie het ʼn versoek gerig dat ʼn geregtelike ondersoek ingestel word.

Hierdie versoek is aan die Departement van Justisie verwys.

error: Inhoud is beskerm !!