Japan se oudste persoon, Foesa Tatsoemi, is gister in die ouderdom van 116-jaar dood. Sy het twee wereldoorloë en verskeie pandemies oorleef.  AFP berig Tatsoemi het drie kinders saam met haar man, ‘n boer van Osaka, grootgemaak. Beeldmateriaal van plaaslike media het gewys hoe Tatsoemi slaap in haar rolstoel by die versorgingseenheid tydens haar 116de verjaarsdag in April. Maria Branyas wat in Amerika gebore is en aanstaande jaar 117 jaar oud word, is nou die wêreld se oudste mens. Japan het die wêreld se naasoudste bevolking na Monaco, met meer as 47 000 mense wat 100-jaar en ouer word.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×