Jean-Pierre Adams is in die ouderdom van 73 jaar oorlede

Jean-Pierre Adams,’n voormalige Franse sokkerspeler wat 39 jaar in ‘n koma was, is in die ouderdom van 73 jaar oorlede.

Adams was in Maart 1982 vir ‘n knieoperasie in ‘n hospitaal opgeneem maar weens ‘n fout met die toediening van sy narkose het hy nooit weer sy bewussyn herwin nie.

Die verdediger wat in Senegal gebore is, het meer as 140 wedstryde vir Nice gespeel en ook vir Paris St-Germain uitgedraf.

Adams het ook 84 verskynings vir Nimes Olympique gemaak en die klub het ook sy opregte medeleye aan sy geliefdes en familie betuig.

Die medici wat verantwoordelik was vir sy versorging het eers in die middel 1990’s ‘n opgeskorte skorsing van ‘n maand elk gekry en ook ‘n boete van 750-euro.

Jean-Pierre is na 15 maande uit die hospitaal ontslaan waar sy vrou, Bernadette, hom sedertdien in hul huis in Nimes versorg het.

Luister na potgooie hieronder