Die Departement van Verdediging beplan om meer as 2 700 Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag personeel van 55 jaar en ouer vry te stel uit hul diens uit. Die doel is om plek te maak vir nuwe troepe en die weermag te verjong. 

The Citizen berig verder dat dit volg nadat die Departement van Verdediging in 2020 kommer uitgespreek het oor die dringende behoefte om die SANDF te verfris. Die toenemende aantal personeel word as te oud beskou. 

Terselfdertyd wil die Suid-Afrikaanse Polisiediens weer voormalige polisiebeamptes werf om die diens se speurvermoë te versterk. Volgens Maroela Media het die polisie in die vorige boekjaar meer as 200 voormalige polisiebeamptes in diens geneem. Hulle dien nou as speurders wat help om die aantal dossiere te verminder. 

Daar is wel ‘n beperking. Voormalige polisielede moet nie ouer as 55 wees nie, so weermaglede sal nie hul pensioen kan aanvul deur ‘n paar jaar in die polisie te gaan werk nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×