Sosio-ekonomiese sukses vir die jeug van Suid-Afrika is slegs moontlik indie die fokus verskuif vanaf tersiêre opleiding en indiensneming na vroeë kinderontwikkeling. So het Tammy Breedt, Vryheidsfront-LP en nasionale jeugleier, Vrydag op Jeugdag gesê. Maroela media berig Breedt het gesê die land kan nie hoop op ‘n beter uitkoms in kinders se tienerjare as daar nie vanaf geboorte aandag aan hulle ontwikkeling gegee word nie. Die huidige syfers is skrikwekkend want slegs 1,6 miljoen of 72% van kinders jonger as ses jaar is ingeskryf by ‘n vroeë leerprogram om hulle vir skool voor te berei. Dié getal was voor die Covid-pandemie nader aan twee miljoen. Breedt het gesê van die bestaande voorskoolse ontwikkelingsentrums is slegs 40% geregistreer, terwyl ‘n skrale 52% van personeel die nodige kwalifikasies het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×