Jo van Zyl – Verkoopsverteenwoordiger

 Jo van Zyl – Verkoopsverteenwoordiger

072 805 2001
jo@rosestad.co.za

“Met Jo as jou bemarking agent sal jy net positiewe dinge ervaar.
Sy hou mens ingelig oor elke bemarkingsgeleentheid wat Rosestad aanbied . Sy doen wat sy sê en nog baie meer.
Vir Jo is jy beslis meer as net n kleint. Ek sê baie dankie vir jou opregte, uitstekende diens !!” – Francette Slabbert. Getcet & Ellmans

“Jo van Radio Rosestad is een van die passie volste mense wat daar is. Sy lewer gehalte sorg aan haar kliente.Sy sal letterlik oor n draad spring vir jou en jou besigheid.Sy is dinamies besig om agter die skerms jou belange te versorg.Sy is n spanmaat 1000!” – Rean Pieterse. Jewel Craft.

“Dit is met trots dat ek kan sê, Isoboard maak al vir die afgelope 4 jaar van advertensies gebruik op Radio Rosestad. Die sukses van hierdie advertensies en onderhoude wat gevoer word, word deur en deur bewys in die groei wat Isoboard toon deur hierdie jare.
Aan die hand van Johleen Olivier en die afgelope 7 maande met Jo van Zyl, kan ons altyd ‘n geskikte tydsgleuf bepaal vir onderhoude en die ideale advertensies. Nooit is iets te veel vir hulle om dit te maak werk nie!! Baie dankie Johleen vir jare se bystand en advies. Dankie vir Jo vir ‘n onvergeetlike paar maande wat ek saam met jou kon werk. Jy het abosoluut net aangegaan waar Johleen opgehou het en my weereens laat besef dat Radio Rosestad dié stasie is waar Isoboard wil wees!!
Dankie Radio Rosestad en Bestuur vir die volgehoue ondersteuning en dryfkrag wat julle agter Isoboard sit. Dit is voorwaar ‘n eer om met julle geassioseer te word en van julle dienste gebruik te maak. Ek kan getuig….. Advertensie werk!!Dié Radio stasie waar jy wil wees!!” – JS Naude. IsoBoard.

LeandreAdmin@