Joe Biden het ’n amptelike kwytskelding vir sy seun Hunter uitgereik. Maroela Media berig die uittredende Amerikaanse president sê sy seun is “selektief en onregverdig vervolg”. Die kwytskelding volg nadat Biden Amerikaners aanvanklik daarvan verseker het dat hy nié by sy seun se regsprobleme sou ingryp nie.
Hunter is vroeër vanjaar daaraan skuldig bevind dat hy destyds gejok het oor sy dwelmgebruik toe hy ’n vuurwapen gekoop het. Hy het ook in ’n afsonderlike saak op belastingontduiking skuldig gepleit, maar is nog nie gevonnis nie.
Hunter het in September skuld beken in ’n verhoor van belastingontduiking, waarvoor hy tot 17 jaar tronkstraf gevonnis kon word. Vir die afsonderlike vuurwapenklag het 25 jaar tronkstraf hom in die gesig gestaar.