Die Stad Johannesburg het gistermiddag bevestig dat die Breestraat-ontploffing van 19 Julie deur metaangas veroorsaak is.
Die bron van die metaangas is egter nog onbekend en die ondersoek hierna duur voort.
Een mens het in die ontploffing gesterf en minstens 48 is beseer.
Die skade wat deur die ontploffing veroorsaak is, word op nagenoeg R178 miljoen geraam.