Johleen Olivier – Verkoopsbestuurder

 Johleen Olivier – Verkoopsbestuurder

 

Rosestad Produkte:

  • Generiese Advertensies
    • Vooraf opgeneemde advertensieflits wat tydens geskeduleerde tye uitgesaai word.
    • Tydsduur van 30 sekondes
    • Hierdie produk is tradisioneel vir Handelsmerk Bewusmaking en Instandhouding,
      wat “sigbaarheid” van u besigheid bevorder en luisteraars laat kennis neem van die aard en produkte wat die besigheid bied.
  • Inlees advertensies
    • Inligting word deur die omroeper volgens ‘n skedule ingelees en uitgesaai.
    • Tydsduur van 30 sekondes.
    • Die produk fokus op besighede wat gereeld (weekliks) flitse wil laat verander na gelang van behoeftes soos  spesiale aanbiedings (soos slaghuise, motorhandelaars ens)
  • Inbel advertensies
    • Die kliënt word telefonies vanuit die ateljee geskakel om direk te adverteer.
    • Tydsduur van 30 sekondes.
    • Die besigheid praat direk met die luisteraar oor die besigheid en/of aanbiedinge.
  • Onderhoude
    • Die kliënt gesels vir ‘n langer tydsduur met die luisteraar vanuit die ateljee.
    • Tydsduur van 5 minute.
    • Dit produk is om meer breedvoerig oor produkte en/of dienste uit te brei.
    • Onderhoude is ideaal om die luisteraar bekend te stel aan die besigheid (Handelsmerk Bekendstelling) en saam Generiese Advertensies, die gehoor bewus te hou van die besigheid (Handelsmerk Instandhouding)
    • So leer die luisteraar die besigheid en die mens beter ken (persoonlike aanslag), vrae wat gewoonlik beantwoord word is; wie is ons, waar is ons, wat is ons besigheid, wanneer is ons beskikbaar en wat maak die besigheid uitstaan.
  • Borgskappe
    • ‘n Program en/of insetsel kan deur ‘n besigheid geborg word.
    • Totale tydsduur ongeveer 50 sekondes.
    • Voordele van ‘n Borgskap is dat die tydgleuf gewy word aan net een besigheid (geen ander advertensies/besighede nie). Dit fokus op ‘n spesifieke program/insetsel soos Nuus, Sport, Weer, ens. Die Borgskap bestaan uit drie elemente: Vooraf aankondiging (bv. “….hierdie nuus word moontlikgemaak deur….”), ‘n Generiese advertensie (sien Generiese Advertensies hierbo) en ‘n terug aankondiging na die program/insetsel (bv. …….”hierdie nuus is moontlik gemaak deur…..”)
  • Kompetisies
    • Die kliënt bied ‘n kompetisie aan wat gekoppel is aan ‘n prys, waardeur die luisteraar deelneem deur ‘n antwoord in te SMS na die ateljee.
    • Tydsduur 5 minute.
    • Ook ‘n ideale wyse om die besigheid bekend te stel by die luisteraars.
    • Die kliënt ontvang data van deelnemers en wenners van die kompetisie vir deursigtigheid.
  • Buite-uitsending
    • Radio Rosestad saai regstreeks uit vanaf u besigheid – gewoonlik ‘n 3 uur uitsending – veral op spesiale dae of promosies wat gewoonlik heelwat voete na die besigheid lok.
    • Deurlopende blootstelling vir die onderneming gedurende die 3 ure.
    • Blootstelling van die Buite-uitsending voorgeloop met 5 dae se lugtyd.

Daar is ook verskeie pakkette beskikbaar om enige besigheid se begroting te pas, maar maak ‘n afspraak om ‘n sakpas pakket wat spesifiek op u mark gemik is saam te stel.

NEEM KENNIS

Geen kommersiële advertensies word uitgesaai op Sondae en Christelike-dae (soos Goeie Vrydag, Hemelvaart, Geloftedag, en/of Kersdag) nie.

Om jou sakpas effektiewe elektroniesemedia advertensiepakket saam te stel kontak die stasie en ‘n bemarker sal jou help.

verkope@rosestad.co.za
johleen@rosestad.co.za
051 412 6401
083 264 0270

LeandreAdmin@