Die leier van die DA, John Steenhuisen, het ‘n beroep op die Parlement gedoen om ‘n veelparty-afvaardiging na Oekraïne te stuur om die situasie te beoordeel en met leiers te vergader. Dit volg op Steenhuisen se onlangse besoek aan dié oorloggeteisterde land, wat deur baie Suid-Afrikaners bevraagteken is. Steenhuisen sê dat hy na dié land gereis het om die impak van die oorlog self te sien en dat die Parlement nou dieselfde moet doen. Rosestad-nuus het vroeër berig die uitwerking van die oorlog in Oekraïne is een van die redes waarom Suid-Afrikaners ‘n droewige winter in die gesig staar. Dít aangesien hoër pryse van sekere voedselprodukte veral diegene wat ‘n groot deel van hul inkomste aan stapelvoedsel soos kookolie, brood en mielies bestee, die swaarste gaan tref.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×