Die DA-leier, John Steenhuisen, sal van Dinsdag tot Vrydag verskeie dorpe in die Vrystaat besoek met die fokus op swak dienslewering deur die ANC-regering in die provinsie. Paul Kotze, provinsiale mediabeampte van die DA, het gesê Steenhuisen sal Frankfort eerste besoek om te kyk na die sonkragstelsel wat deur private inisiatief ontwikkel is om krag aan dorpe in die omliggende area te verskaf. Eskom het intussen ‘n hofbevel gekry om die kragvoorsiening te stop. Steenhuisen sal ook Bethlehem, Qwaqwa, Clarens, Welkom en Kroonstad besoek. Hy sal Vrydag in Bloemfontein die premierskandidaat van die DA vir die komende verkiesing bekendstel. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×