Die DA-leier, John Steenhuisen het tydens ‘n virtuele-konferensie sy oproep herhaal vir opposisie partye om te verenig in aanloop tot die 2024-verkiesing. Steenhuisen sê partye wat sy voorgestelde koalisie-verdrag verwerp het, is die leier van die UDM, Bantu Holomisa, die president van die ACDP, Kenneth Meshoe, en die leier van Xiluva, Bongani Baloyi. Volgens Steenhuisen sal sy voorstel ‘n sogenaamde verdoemende koalisie tussen die ANC en die EFF verhoed. As alles volgens plan verloop sal Steenhuisen se nasionale konferensie om ‘n veelparty-pakt, die sogenaamde Moonshot pakt, met ander opposisie partye te beding, gedurende die komende wintermaande plaasvind.
