Johnson & Johnson probeer weer ‘n skikking van meer as R180 miljard kry vir eise dat sy babapoeier eierstokkanker veroorsaak het.
Times Live berig meer as 62 000 mense het klagtes teen die maatskappy ingedien.
Twee vorige pogings is deur die hof verwerp, maar J&J hoop die nuwe plan sal slaag.
Die hofverrigtinge duur tot einde Februarie, waarna ‘n uitspraak verwag word.