Die polisie in Bloemfontein is opsoek na verdagtes nadat die 23-jarige Fredrick van Niekerk gisteraand omstreeks 6-uur vermoor is.  Met die polisie se aankoms by die toneel in Memoriumweg naby die Vrouemonument het hulle die lyk met ‘n steekwond langs die pad ontdek. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.  Die slagoffer se beursie en selfoon,was nog in sy besit en is nie geneem nie.  Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.  Die polisie vra ook dat enige lid van die publiek met inligting na vore sal kom en die ondersoek beampte Kaptein Moseme kontak by 082-526-2713 of die polisie se stop-misdaadlyn by 08600-10111.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×