Die gemeenskap van Parkmore in Johannesburg is met skok en afgryse vervul nadat organiseerders kort na ‘n pretdraf op die vermoorde liggaam van ‘n jong onderwyseres afgekom het. Kirsten Kluyts, ‘n onderwyseres van die Delta Park High School, het aan die georganiseerde drafgeleentheid, MyRun by die George Lea Park deelgeneem, toe sy vermoedelik vermoor is. Die polisie woordvoerder, kolonel Dimakatsu Nevhuhulwi, het aan Netwerk 24 gesê die omstandighede rondom die 34-jarige Kluyts se dood is nog onbekend en die polisie ondersoek gaan voort. MyRun het na die wedloop gesien die stelsel dui aan een drawwer is nog nie by die eindpunt nie en het ‘n soektog begin. MyRun stap-en wedlope van 2,5 km en 5 km word landswyd aangebied.