‘n 30-jarige pa van Bloemspruit is tot 15-jaar effektiewe tronkstraf in die Bloemfontein streekhof gevonnis vir die verkragting van sy 6-jarige dogter. Sers Peter Kareli, woordvoerder van die polisie sê die voorval het in Desember 2021 plaasgevind toe die 30-jarige toestemming gekry het om sy dogter vir die Kersvakansie te neem om vir haar klere te koop.

Die pa het nie die kind teruggebring na haar ma se huis soos ooreengekom nie. Die ma het ‘n saak geopen wat deur die Mangaung polisie se eenheid vir huishoudelike geweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek is. Die pa en sy kind is in Kayelitsha opgespoor. ‘n Mediese ondersoek het bevestig die 6-jarige is verkrag.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×