Jongelinge van Bloemfontein, wie lekker nootvas is, en nog altyd voor mense wou sing, moet solank die stembande begin opwarm.
Die bekroonde Bloemfontein-kinderkoor hou eersdaags oudisies vir aspirant-koorsangers wat tussen 9 en 15 jaar oud is.
Kinders wat ‘n oudisie wil aflê, moet ongeveer twee maal per week vir kooroefening beskikbaar wees, asook een Saterdag per maand.
Daar is reeds talle uitvoerings in verskeie dele van die land op vanjaar se koorkalender.
‘n Oorsese toer word vir aanstaande jaar beplan. Die oudisies word op 31 Januarie gehou.
Belangstellendes kan ‘n e-pos stuur na bloemfonteinchildrenschoir@gmail.com om ‘n afspraak te reël.