Jongman van Bloemfontein herstel wonderbaarlik van Covid-19

Alex Els, ‘n jongman wat verlede jaar aan Grey Kollege gematrikuleer het, het op ‘n wonderbaarlike wyse, na 40 dae in die waakeenheid van die MediClinic in Bloemfontein, van Covid-19 herstel.

Netwerk 24 berig dat Els, wat in Graad 11 sy been verloor het in ‘n motorongeluk, op 27 April opgeneem, positief getoets, en op ‘n ventilator geplaas is.

Hannali, sy ma, sê dat hulle deur twee weke is waarin sy toestand gewissel het tussen uiters kritiek, en uiters, uiters kritiek.

Na tien dae het hy ook ‘n trageostomie, ‘n lugpypinsnyding, gekry, wat eers verlede Woensdag verwyder is.

Daar was veral ook kommer oor sy toestand, omdat hy sedert sy ongeluk twee jaar gelede, 15 keer onder narkose was.

Hannali sê sy sien haar seun se lewe tans as ‘n getuienis, wat mense weer laat begin bid het.

Luister na potgooie hieronder