Jongmense in Suid-Afrika moet dalk eersdaags langer in die tand wees om diep in die bottel te mag kyk.

Die wettige ouderdom vir die gebruik van alkohol in Suid-Afrika is 18, maar die regering wil dit nou na 21 verander.

Die Departement van Handel en Nywerheid het gesê die Wysigingswetsontwerp op Drankprodukte word tans hersien.

Dié wetsontwerp is reeds in 2016 aanvaar.

Die ouderdomsperk vir die gebruik van alkohol wissel wêreldwyd tussen 16 en 21.

In Amerika moet mense ook eers mondig wees alvorens hulle wettig ‘n sopie mag neem en in Australië 19.

Die Australiese owerhede het hierdie besluit geneem in ‘n poging om drank uit skole te hou.

Die oorgrote meerderheid van Europa se tieners mag op 18 alkohol gebruik, maar daar is ook Europese lande waar die wettige ouderdom so laag as 16 is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×