‘n Konstante afname in steun vir die ANC sedert die Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 kan volgens ‘n BusinessTech-meningstuk aan talle faktore toegeskryf word.

Die Social Research Foundation, het ‘n opname gedoen oor brandpunte wat deur stemgeregtigdes in ag geneem sal word, wanneer hulle volgende jaar kruisies in die algemene verkiesing trek.

Die afname in die ANC se steun kan volgens kenners ook toegeskryf word aan die veranderende kiesersdemografie.

Nagenoeg 11,2 miljoen van die 26,8 miljoen geregistreerde kiesers is tussen die ouderdomme van 18 en 39.

Met die afgelope OVK-kiesersregistrasienaweek was 78,3% van diegene wat geregistreer het om te stem, jonger as 29.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×