Die Padverkeersbestuurskorporasie doen ’n beroep op jongmense om padveiligheid ’n prioriteit te maak. Dit, terwyl die land Jeugmaand vier. Die korporasie se woordvoerder, Simon Zwane, het gesê padongelukke en beserings waarby jongmense betrokke is, is ‘n groot gesondheidsuitdaging en ‘n swaar las op die ekonomie en maatskaplike infrastruktuur. Zwane sê jong mense tussen die ouderdomme van 20 en 39 is meer geneig om te sterf of beseer te word in ‘n motorvoertuigongeluk en het meer motorvoertuig-ongelukverwante hospitalisasie en noodkamerbesoeke. Statistieke wat deur die korporasie ingesamel is, het aan die lig gebring dat byna die helfte van die mense wat verlede jaar op die paaie gesterf het, tussen 20 en 39 jaar oud was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×