Nadat Bloemwater gisteraand die watertoevoer na groot dele van die stad verminder het na slegs 30%,omdat die Mangaung Metro munisipaliteit nie sy waterrekening betaal het nie, het DA-raadslid, Russouw Botes,pas aan Rosestad100.6fm-nuus gesê dat die DA met die burgemeester geskakel het om met Bloemwater te vergader. ‘n Ooreenkoms is bereik na die vergadering tussen die nuutverkose uitvoerende Burgemeester, Pappie Mokoena en Bloemwater. Volgens berigte word die administrasie tussen die betrokke partye tans afgehandel, waarna die watertoevoer deur die loop van vandag weer na normaal sal terugkeer.
