Die 40-jarige Joseph Mokhoele is gister tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die 67-jarige Daleen Cameron van Bloemfontein.

Rosestad-nuus het vroeër berig Cameron se liggaam is op 23 November verlede jaar in die gesin se huis in Bayswater, Bloemfontein, aangetref.

Haar man, Alex, het haar in die slaapkamer in ’n plas bloed aangetref.

Haar keel was oopgesny en haar hande was agter haar rug vasgebind.

Maroela Media berig voorts Mokhoele, die gesin se tuinwerker, is ʼn dag ná Cameron se moord in hegtenis geneem.

Hy het ʼn week tevore by die gesin begin werk.

Volgens Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, in die Vrystaat, is Mokhoele Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×