‘n Voormalige beskuldigde in die Joshlin Smith-verhoor sê Kelly Smith het aan haar beken dat sy Joshlin vir R20 000 aan ‘n sangoma verkoop het.

Kelly Smith, Jacquen Appollis en Stevano van Rhyn staan ​​vir dié dogtertjie se verdwyning in die Wes-Kaapse hooggeregshof tereg.

Staatsgetuie Lourentia Lombaard vertel hoe sy gesien het toe Smith Joshlin, ‘n dag voor sy verdwyn het, geneem het om ‘n onbekende vrou te ontmoet. Lombaard voeg by sy het ook vroeër die dag gehoor hoe Smith vir Appollis sê dat iemand Joshlin wil koop.

Die voormalige beskuldigde sê sy het gesien hoe Smith ‘n klein pakkie van ‘n kort vrou, wat soos ‘n sangoma aangetrek was, ontvang het.

Volgens Lombaard het Smith later erken sy het Joshlin aan ‘n sangoma verkoop, en het Smith R1 000 aangebied om stil te bly. Lombaard het die aanbod aanvaar, maar het nooit die geld ontvang nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×