Joshlin Smith se pa, Jose Emke, sê hy wil weet hoekom Joshlin se ma, Kelly Smith, vir die hof gesê het haar kind se verdwyning maak haar beroemd.
IOL berig dit is vir Emke baie moeilik om te aanvaar dat sy kind vermis word en voeg by hy sal geduldig wees en hoop dat die waarheid sal uitkom.
Joshlin se ontvoeringsverhoor word Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Saldanha hervat.
Kelly Smith, haar kêrel, Jacquen Appollis, en ‘n derde medebeskuldigde, Steveno van Rhyn, staan op aanklagte van ontvoering en mensehandel in verband met die sewejarige dogtertjie se verdwyning tereg.