Die saak oor die verdwyning van Joshlin Smith is Dinsdag in die Rondgaande hof op Saldanha weer op koers, nadat ‘n binneverhoor oor die toelaatbaarheid van verklarings van twee beskuldigdes afgehandel is.
SABC-nuus berig dit kom soos regter Nathan Erasmus beslis het dat Jacquen Appollis en Steveno Van Rhyn se aanvanklike verklarings wel as bewysstukke aanvaar kan word.
Hulle staan saam met Joshlin Smith se ma, Kelly Smith, tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel in verband met die kind se verdwyning in Februarie verlede jaar.
Appollis en Van Rhyn het beweer dat hulle gedwing is om verklarings af te lê en gemartel is.