Dit is vandag 84-dae sedert klein Joslin Smith verdwyn het. Haar ma, Kelly Smith, dié se kêrel, Boeta Appollis, Steveno van Rhyn en Renzia Lombaard, verskyn vandag weer in die landdroshof in Vredenburg in verband met Joslin se verdwyning. Netwerk 24 berig hulle word voorlopig van ontvoering en mensehandel aangekla.
Die polisie het intussen ook nie bekendgemaak of enige van die bebloede kledingstukke wat op verskillende tye van die ondersoek gevind is, met Joslin verbind kan word nie. Dié meisietjie van Middelpos, ‘n informele nedersetting by Diazville in Saldanha, het op 19 Februarie spoorloos verdwyn. Haar ma het haar glo die dag in die sorg van Appollis gelos.
1 Comment
Comments are closed.