Die verhoor in die verdwyningsaak van Joslin Smith sal na verwagting Maandag in die rondgaande hooggeregshof in Saldanhabaai in die Wes-Kaap begin.
Volgens SABC News staan Joslin se ma en twee medebeskuldigdes op aanklagte van ontvoering en mensehandel tereg.
Die meisie het op 19 Februarie verlede jaar uit haar huis in Middlepos vermis geraak.
Die voorverhoor vir Joslin se ma, Kelly Smith, haar kêrel Jacquen Appollis, en Steveno van Rhyn is verlede maand in Kaapstad gehou.
Die drietal is van Pollsmoor na die Malmesbury-korrektiewe sentrum oorgeplaas om vir hul komende verhoor voor te berei.