Jou beurte vir kragverbruik is gister weer minder gemaak toe fase 3-beurtkrag van vieruur gistermiddag af ingestel is en tot vanoggend om vyfuur geduur het.

Fase 2-beurtkrag het hierna ingeskop en sal tot vieruur vanmiddag jou werklikheid wees.

Eskom het luidens ‘n verklaring gesê die hoër fases van beurtkrag is hoofsaaklik as gevolg van opwekkingseenhede wat breek, sowel as noodopwekkingsreserwes wat uitgeput is.

Die eertydse kragreus sal Dinsdagmiddag tydens ‘n media-inligtingsessie ‘n vooruitsig gee oor wat vir die res van die week verwag kan word, of sal verdere inligting bekend maak sodra daar enige beduidende veranderinge is.

Padgebruikers word daaraan herinner dat interseksies waar verkeersligte weens beurtkrag, of enige ander rede, buite werking is, soos 4-rigting-stopstrate benader moet word.

Talle motoriste in Bloemfontein maak hulle daaraan skuldig om hierdie reël te verontagsaam.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×