Kubermisdaad is aan die toeneem, en jou Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) eFiling-rekening is nie immuun teen hierdie dreigemente nie.
Dit is ‘n waarskuwing van die Belastingkenner Nicolas Botha. Hierdie bedreigings het ontwikkel van eenvoudige klik-aas-swendelary tot gesofistikeerde en beplande bedrieglike aktiwiteite, wat dikwels kwesbare individue soos bejaardes, gestremdes en uitgewekenes teiken.
Volgens die Daily Investor het die SAID vroeër vanjaar ‘n waarskuwing teen ‘n nuwe bedrogspul uitgerig vir belastingbelasting betalers wat eFiling gebuik. Dit het verduidelik dat bedrieërs hulself as SAID voordoen en ‘n uitstaande belastingbetaling as ‘n haakplek gebruik.
Volgens die SAID sal hulle nooit bankrekeningnommers verskaf nie en dat wanneer jy ’n betaling maak, jy slegs die amptelike SAID-betalingskanale moet gebruik.
Van Huyssteens Commercial Attorneys se Belastingdirekteur, Jean-Louis Nel, het in ‘n onlangse radio-onderhoud opgemerk dat daar die afgelope paar maande meer as tien verskillende uitvissing-e-posse op die SAID-webwerf gepubliseer is – en dit blyk of dit veral ‘n algemene probleem word met betrekking tot BTW terugbetalings.