Judy Vorster, klubkoördineerder van die Vrystaatse Krieketunie in Bloemfontein, is Dinsdagoggend skielik oorlede. Maroela Media berig die 48-jarige Vorster, wie onlangs ‘n operasie ondergaan het, het waarskynlik ‘n hartaanval gehad. Vorster, ook die hoof van vrouekrieket in die Vrystaat en bestuurder van die provinsie se senior vrouekrieketspan, het elf jaar lank vir die krieketunie gewerk. Johan van Heerden, uitvoerende hoof van Vrystaat Krieket het Dinsdag gesê dit is ‘n hartseer dag vir die unie. Hy het haar vir haar bydrae tot krieket op alle vlakke bedank en het gesê sy gaan deur almal gemis word. Sy word deur haar man Reinhold en hulle twee seuns oorleef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×