Julie se “brandstofskaal” kan, ondanks talle veranderlikes, dalk in ewewig bly.
Netwerk24 berig kenners meen pryse gaan na verwagting slegs effens styg of daal.
Maar, met nog ongeveer twee weke voor die prysvasstelling, kan die stand van sake uiteraard steeds verander.
Sou pryse nou vasgestel word, sou die petrolprys met ‘n paar sent daal en die prys van diesel met ‘n paar sente styg.
Indien die rand aanhou versterk, is dit moontlik dat pryse selfs méér kan daal.
Die rand het teen R19,82 op 25 Mei sy swakste sluitingsvlak tot op hede teenoor die dollar getref.
Dit het egter net voor die langnaweek op R18,23 gesluit.
Julie se oorsigmaand eindig op 29 Junie, en die nuwe brandstofpryse tree oudergewoonte op die eerste Woensdag van die nuwe maand in werking.