Julius Malema en Adriaan Snyman vandag in die hof op Oos-Londen

Julius Malema, die leier van die EFF en ‘n medebeskuldigde, Adriaan Snyman sal na verwagting vandag in die landdroshof op Oos-Londen verskyn.

Dit hou verband met aanklagte teen hulle oor ‘n vuurwapen wat afgevuur is tydens die EFF se 5de bestaansjaarvieringe in 2018.

Luidens berigte word Malema aangekla van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, asook die oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens en Ammunisie.

Snyman staan ook tereg op aanklagte dat hy die Vuurwapenwet oortree het.

‘n Woordvoerder van die EFF het intussen beklemtoon dat dié saak slegs ten doel het om die EFF te ontspoor en dat dit ‘n mors van tyd is.

Luister na potgooie hieronder