Die leier van die EFF, Julius Malema, en sy lyfwag, Adriaan Snyman, is Dinsdag terug in die Oos-Londen-landdroshof. Hul verhoor op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer duur voort.
Malema word daarvan aangekla dat hy ‘n geweer, wat Snyman glo vir hom gegee het, in 2018 tydens ‘n party-saamtrek in Mdantsane afgevuur het. Malema en Snyman het skuld ontken en beweer die vuurwapen was nie eg nie.
Die staat het nou sy saak afgehandel. Die verdediging sal Dinsdag sy saak stel en daar word verwag dat dit tot Donderdag sal voortduur.