Die leier van die EFF, Julius Malema, se hofsaak oor die afvuur van ’n
vuurwapen in die openbaar het vandag afgeskop nadat dit gister uitgestel is. Hy het
skuld ontken op die aanklagte. Malema staan tereg op aanklagte van die onwettige
besit van ’n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie asook drie aanklagte van
oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer. Hy is aangekla nadat hy na bewering ’n
vuurwapen afgevuur het tydens die verjaardagvieringe van die EFF in die Sisa
Dukashe-stadion in Oos-Londen in 2018.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×