Die EFF-leier, Julius Malema, se aansoek om sy vuurwapenbeheer-verhoor van die hofrol te laat skrap, is laat vanoggend in die Oos-Londense streekshof van die hand gewys.

AfriForum het in 2018 verskeie klagtes teen Malema ingedien. Dít nadat beeldmateriaal versprei is waarin dit voorkom of Malema ’n semi-outomatiese geweer, ten tyde van die EFF se 5de verjaarsdagvieringe, in die openbaar afvuur.

Malema en sy medebeskuldigde Adriaan Snyman, word daarvan aangekla dat hulle verskeie aspekte van die Wet op Vuurwapenbeheer oortree het.

Malema se regspan beweer egter daar is nie genoeg bewyse om die beskuldigdes te vervolg nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×