Die EFF-leier, Julius Malema, sê landdros Twanet Olivier van die Oos-Londense landdroshof is onbevoegd.

Hy het gister sy ondersteuners buite die hof toegespreek, nadat die aansoek om sy vuurwapenbeheer-verhoor van die hofrol te laat skrap, deur Olivier van die hand gewys is.

Volgens Malema baseer sy haar uitsprake op politieke opdragte en stel sy hofverrigtinge uit om sake met politici te bespreek.

AfriForum het in 2018 verskeie klagtes teen Malema ingedien.

Dít nadat beeldmateriaal versprei is waarin dit voorkom of Malema ’n semi-outomatiese geweer, by sy party se 5de verjaarsdagvieringe, in die openbaar afvuur.

Malema en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, staan tereg op aanklagte van beweerde oortredings van die Wet op Vuurwapenbeheer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×