Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging, of NDBV, het ‘n strafregtelike klag van dieremishandeling teen die leier van die EFF, Julius Malema,
aanhangig gemaak.
Dit is nadat Malema op video gesien kan word waar hy ‘n koei op ‘n uitgerekte, wrede manier probeer slag tydens die EFF se verjaarsdagvieringe, aldus Maroela Media.
Die video is op sosialemedia-platforms gedeel en het soos ‘n veldbrand versprei. In die video steek Malema die agterkant van die dier se kop verskeie kere met ‘n mes waarna hy probeer om die dier te verlam deur die rugmurg van die dier te deurboor.
Malema gebruik twee klein messe om die bees 11 keer te steek en dan 60 keer die mes in die bees se skedel draai.
Dit terwyl die bees nog gelewe het.
Volgens die NDBV se nasionale woordvoerder, Jacques Peacock, het hulle talle klagtes van die publiek gekry omdat die dier onmenslik geslag is en dit erg gely het.
Die DBV sal nou saam met die NVG werk om ‘n vervolging van die saak te verseker.