EFF-leier, Julius Malema, sê die vuurwapensaak teen hom, word deur rassisme gedryf. Voorts het die Oos-Londense landdroshof gehoor Malema beweer hy het ‘n speelgoedgeweer gebruik, om ondersteuners opgewonde te maak.
Hy en sy lyfwag, Adriaan Snyman, staan tereg op aanklagte wat met die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer verband hou. Vervolging spruit uit gebeure by ‘n EFF-saamtrek wat in 2018 in Mdantsane gehou is. Die saak duur voort.