Die Justisieminister, Thembi Simelane, is onder druk nadat sy nabewering ‘n lening van meer as ‘n halfmiljoen rand geneem het. Maroela Media berig Simelane het glo die lening om ʼn koffiewinkel in Sandton te koop, tydens haar ampstermyn as burgermeester van Polokwane, ontvang by ‘n maatskappy wat betrek word by die beweerde grootskaalse bedrog by VBS Mutual Bank.

As minister van justisie is Simelane die politieke hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), wat diegene betrokke by die VBS-skandaal moet ondersoek en vervolg. Sy  is voorts ʼn lid van die groepering oor justisie en misdaadvoorkoming in die kabinet – onder wie die Valke en die polisie resorteer – en hulle ondersoek óók die VBS-saak. Die Openbare Beskermer word nou versoek om moontlike oortreding van die etiekwet te ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×